Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KZN-slagting: Man (23) in hof

’n Man het Woensdag in die landdroshof in Umbumbulu verskyn in verband met die moord op sewe mans in ’n huis in eMashweni in Adams, suid van Durban.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê Sibusiso Sandile Langa (23) bly in polisieaanhouding en sal weer op 11 Junie in die hof verskyn.

Langa is Sondag vir ondervraging ingeneem en toe in hegtenis geneem.

Die polisie het op 20 Mei op die lyke van sewe mans, almal tussen 21 en 36 jaar oud, afgekom nadat inwoners in die informele nedersetting omstreeks 18:00 verskeie skote gehoor en ondersoek gaan instel het.

Volgens Naicker het hulle in een van die kamers op die lyke afgekom. Almal is in die kop geskiet.

’n Saak van moord is geopen en die dossier is na die provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad oorgeplaas vir verdere ondersoek.

“Die moontlikheid bestaan dat nog mense met die voorval verbind kan word. Die ondersoek duur voort,” sê Naicker.

Meer oor:  Durban
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.