Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lasbriewe uitgereik om 8 te arresteer
Lt.genl. Mthandazo NtlemezaFoto: Argief

Die Oos-Londense landdroshof het lasbriewe uitgereik vir die inhegtenisneming van agt staatsamptenare en sakelui in verband met ’n ondersoek na bedrog en korrupsie in die Buffalostad-munisipaliteit.

Net een van die nege verdagtes in die saak wat deur die Valke ondersoek word, het self Vrydag by die taakspan aangemeld, het brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, in ’n verklaring gesê.

“Die ander agt het hul regsverteenwoordigers gestuur om namens hulle te verskyn,” sê Mulaudzi. “Hulle is verlede week ingelig oor die saak en is kans gegee om na vore te kom.”

’n Ooreenkoms is ook met die ondersoekspan aangegaan, sê Mulaudzi. “Die lasbriewe spruit uit ’n ondersoek nadat die munisipaliteit glo sowat R15 miljoen verloor het vir dienste wat nie gelewer is nie.

Die maatskappy Ndodana Consulting Engineers het glo vervalste fakture aan die munisipaliteit gestuur, waarna die direkteure van dié maatskappy en senior amptenare in die munisipaliteit glo voordeel uit die transaksie getrek het.”

Monde Webster Ndodana (63), eienaar van die maatskappy, was egter die enigste beskuldigde wat na vore gekom het. “Hy het vlugtig Vrydag in die hof verskyn en is op R30 000 borgtog vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 2 Mei.”

Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die Valke, het nou beveel dat die ander hulself oorgee om “verdere verleentheid” te vermy.

“Die direkteure van maatskappy en munisipale amptenare is nie bo die gereg nie,” sê Ntlemeza.

“Respek vir die gereg sou ondermyn word as die beskuldigdes aan die gemeenskap wys dat hulle nie ag slaan op hofbevele nie.

“Ons het hulle nog ’n kans gegee om self aan te meld. As hulle dit nie doen nie, sal ons hulle soek sodat hulle kan antwoord op die klagte teen hulle.”

Meer oor:  Inhegtenisname  |  Bedrog  |  Korrupsie  |  Lasbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.