Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lede van polisie-eenheid vas oor gesteelde Fortuner

Twee lede van die polisie se spesialis- taktiese-reaksie-eenheid (TRT) sit agter tralies nadat kollegas van die Sinoville-polisiekantoor in Pretoria hulle op heterdaad met ’n gesteelde voertuig betrap het.

Dit volg nadat veiligheidswagte by die Wonderboom Junction-winkelsentrum in die noorde van Pretoria agterdogtig geraak het oor ’n polisievoertuig wat twee keer onder verdagte omstandighede by die ondergrondse parkeerplek van die sentrum ingery het.

Die persoon wat die hulp benodig het, is voorgestel as ’n konstabel, ook van die taktiese-reaksie-eenheid.

Die polisie sê die sentrum se veiligheidspersoneel het Dinsdagmiddag net voor 13:00 op kringtelevisiekameras gesien hoe ’n gemerkte Ford Everest-voertuig van die polisie ’n wit Toyota Fortuner die ondergrondse parkeerterrein in begelei.

Die TRT-lede het die Fortuner daar gelos en in hul polisievoertuig weggery.

Die veiligheidspersoneel het snuf in die neus gekry en die Sinoville-polisiekantoor se opsporingseenheid gebel.

Om 16:15 dieselfde middag het die einste Ford Everest van die polisie na die parkeerterrein teruggekeer met drie mense in die voertuig.

Hulle het langs die Fortuner geparkeer.

Die Sinoville-polisielede het hulle ingewag en gekonfronteer.

Die bestuurder van die gemerkte polisievoertuig het homself as ’n sersant voorgestel. Volgens hom het hulle “net kom help” om die Fortuner aan die gang te kry.

“Die persoon wat die hulp benodig het, is voorgestel as ’n konstabel, ook van die taktiese-reaksie-eenheid. Die derde persoon wat ’n passasier in die gemerkte voertuig was, was glo net daar omdat hy belanggestel het om die Fortuner te koop,” sê die polisie.

Die Sinoville-polisielede het egter die voertuig se onderstelnommer nagegaan en dit kon verbind word met ’n voertuig wat in September in Garsfontein in ’n huisbraak gesteel is.

Die twee polisielede en die passasier is summier in hegtenis geneem. Hulle word by drie verskillende polisiekantore aangehou.

* Hoewel die verdagtes Donderdag in die hof verskyn het, het die polisie versoek dat hul name weerhou word omdat dit nog ondersoek word of hulle ook by ander misdade betrokke was.

Meer oor:  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.