Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Leerling (12), man Woensdag buite skool doodgeskiet

’n Twaalfjarige meisie en 'n ouer wat sy kind wou kom optel, is Woensdagmiddag omstreeks 18:00 buite die Izibuko Primary School in Katlehong, 35 km buite Johannesburg, doodgeskiet.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdagoggend aan Netwerk24 gesê die leerling is nie Donderdag doodgeskiet soos wat wyd berig is nie.

“ 'n Man en vrou het hul kind Woensdag omstreeks 18:00 by die skool gaan haal nadat die kind op ’n uitstappie was. Onbekende mans het voor die skool op die man en vrou geskiet,” sê Dlamini.

Hy sê die man is doodgeskiet, terwyl een van die koeëls ook 'n ander meisie, wat nie aan die paartjie verwant is nie, getref het.

“Die meisie is hospitaal toe geneem, waar sy dood is."

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

Steve Mabona, woordvoerder van Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, sê Lesufi het die skool Donderdagoggend besoek.

* Hierdie berig is aangepas sedert sy aanvanklike plasing.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.