Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Leerling (14) op pad huis toe doodgeskiet

’n Leerling wat aanstaande Vrydag haar 15de verjaardag sou vier, is Dinsdagmiddag op pad huis toe koelbloedig doodgeskiet.

Sinazo Kleinbooi (14) Foto: Verskaf
Netwerk24 Foto: Verskaf

Sinazo Kleinbooi is met ’n enkele skietwond in die kop in Kwamanubestraat, Motherwell, gekry.

Volgens die polisie het Sinazo, ’n leerling aan die HH Academy in Korsten, soos gewoonlik ná skool ’n taxi huis toe geneem en die laaste entjie gestap. Sy het egter nooit by die huis opgedaag nie.

’n Man wat anoniem wil bly en in dieselfde straat in Motherwell woon, beweer Sinazo is oomblikke voor haar dood van haar selfoon beroof.

“Soos ek verstaan, het die meisie met haar selfoon in haar hand geloop. ’n Man het gekom en ’n vuurwapen in haar mond gedruk en die selfoon geëis. Ek kon die meisie hoor skree en toe klap die skoot. Net een (skoot),” sê die man.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het Dinsdag bevestig dat sy in die kop geskiet is, maar kon nie die selfoondiefstal bevestig nie. “Daar sal nou baie stories wees oor wat gebeur het. Ons het ’n goeie ondersoekspan wat elke leidraad opvolg.”

Beetge sê dit is nog onduidelik of Sinazo alleen gestap het ten tyde van haar moord.

Madoda (43) en Bongi (41) Kleinbooi, haar ouers, was Woensdag te getraumatiseerd om met die media te praat en wou slegs fokus op die uitkenning van hul dogter sy lyk.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, hurk by die moordtoneel in Motherwell waar Sinazo Kleinbooi (14) Dinsdagmiddag doodgeskiet is. Foto: Lulama Zenzile
Netwerk24

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het intussen haar skok oor die moord op Sinazo uitgespreek en gesê die polisie sal alles moontlik doen om die moordenaar op te spoor.

Die polisie het ’n beroep op mense met inligting oor die voorval gedoen om ao. Rynhard Marks by 082 442 0962 te bel.

Meer oor:  Motherwell  |  Leerling  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.