Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Leerling (18) by skool gesteek

’n Gr. 9-leerling aan die Indwe Secondary School in Mosselbaai is Woensdag in hegtenis geneem nadat ’n gr. 11-leerling by die skool met ’n skerp voorwerp gesteek is.

Die 18-jarige leerling in gr. 11 is Woensdagoggend in sy laerug gesteek ná ’n bakleiery by die skool, sê Jessica Shelver, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD), by navraag in ’n e-pos.

Sy toestand is volgens haar stabiel. Die polisie het sy vermeende aanvaller, ’n gr. 9-leerling by die skool, in hegtenis geneem.

Volgens Shelver het amptenare van die WKOD se distrikskantoor die skool besoek. Aanduidings is dat die deurlopende gevegte by die skool die gevolg is van bende-faksies en kwessies wat hul oorsprong in die gemeenskap het.

’n Vergadering is vir Donderdagaand belê met ouers, die gemeenskapsorganisasie en die polisie. Die doelwit is om kragte saam te snoer en oplossings te vind vir die bendeverwante voorvalle by die skool en in die gemeenskap, volgens Shelver.

Meer oor:  Indwe Secondary School  |  Mosselbaai  |  Leerling  |  Gesteek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.