Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Leerling doodgesteek by Kasteel

Skole is besig om oorlogsones te word, met nóg ’n leerling wat Vrydag aan ’n meswond dood is toe ’n geveg die middag langs die Kasteel in Kaapstad uitgebreek het.

’n Foto van die misdaadtoneel. Foto: Verskaf

Dit is slegs vier dae nadat ’n leerling van Johannesburg ’n medeleerling met ’n mes buite die skool doodgesteek het. Woensdag is onderwysers en leerlinge van ’n skool in Seepunt boonop met ’n vuurwapen gedreig en van 50 selfone beroof terwyl hulle eksamen geskryf het.

Wayne Dyason, woordvoerder vir die metropolisie, sê ’n verbyganger het die polisieVrydagmiddag omstreeks 15:55 in kennis gestel van ’n groep leerlinge wat besig was om te baklei in Strandstaat langs die Kasteel.

Beamptes het twee leerlinge op die gras langs die Kasteel se baksteenmuur aangetref. Een het ’n meswond in die hart gehad en ’n ander is met ’n baksteen in die gesig geslaan.

Medici is ontbied en die leerling met die meswond is op die toneel dood verklaar.

Die ander leerling is na die Somerset-hospitaal geneem.

Die polisie het alle leerlinge in die gebied ondersoek. Een leerling was in die besit van ’n groot knipmes en is in ’n polisievangwa geplaas.

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Doodgesteek  |  Polisie-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.