Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Leerling in Limpopo verkrag toe sy skool toe stap

’n Gr. 12-leerling van Lebowakgomo in Limpopo is Saterdag glo verkrag toe sy na haar hoërskool gestap het waar ekstra klasse met die oog op die matriekeksamen aangebied is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die 18-jarige meisie het alleen geloop in ’n beboste gebied tussen Magatle en Mapatjakeng. ’n Man het haar oorval en in die bosse ingesleep waar hy haar verkrag het en daarna in die bosse verdwyn het. Die meisie het om hulp geroep en mense wat in die pad daar naby geloop het, het op haar afgekom en die polisie ontbied.

Polly Boshielo, LUR vir onderwys, het Maandag die meisie en haar skool besoek.

Volgens Mojapelo word daar na die man gesoek. Hy is middeljarig en het ’n rooi T-hemp, bruin broek en swart All Star-tekkies aangehad toe hy laas gesien is.

Enigiemand met inligting kan speursers. Steven Mogale by 082 625 1333 bel.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het leerlinge wat in afgeleë gebiede skool toe moet stap, gewaarsku om uiters versigtig te wees en om hul naaste polisiekantoor se telefoonnommer by hulle te hê.

In ’n afsonderlike voorval is ’n man van Thohoyandou agter tralies nadat hy glo ses minderjarige kinders verkrag het. Die 43-jarige man het kinders in die Tswinga Gotha-nedersetting buite Thohoyandou geteiken.

Die mees onlangse slagoffer is ’n sewejarige meisie wat Sondag glo verkrag is. Haar ma het onraad vermoed en haar na ’n hospitaal geneem, waar sy steeds aansterk.

Mojapelo sê die man het glo ses kinders tussen die ouderdom van vier en tien jaar oud verkrag.

Twee van die slagoffers, onderskeidelik agt en tien, is susters. Hulle is Donderdag en Vrydag verkrag.

Die man het die kinders glo na sy huis gelok en hulle daar verkrag.

Inwoners van die betrokke nedersetting het die man Sondag gevang en hom aangerand. Die polisie moes hom van die ontstoke skare red.

Hy het Maandag in die landdroshof op Thohoyandou op ses aanklagte van verkragting verskyn. Die man kan nie geïdentifiseer word voordat hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie.

Hy moet op 29 Junie weer in die hof verskyn.

Meer oor:  Limpopo  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.