Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Leerling van Koffiefontein ‘ná stryery oor meisie’ doodgesteek

’n Hoërskoolleerling van Koffiefontein is Woensdagoggend in die hospitaal dood nadat hy die vorige dag na bewering verskeie kere deur ’n medeleerling met 'n skerp voorwerp gesteek is.

Lerato Nkhalitshane (16) van die Reikaeletse Secondary School is in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood nadat hy Dinsdag sowat drie keer in die nek gesteek is.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, sê die leerlinge het glo oor ’n meisie gestry wat saam met hulle in die skool is.

Die bakleiery het omstreeks 14:30 buite die skoolterrein gebeur waarna ’n 16-jarige leerling in gr. 9 Lerato met ’n skroewedraaier aangeval het.

Volgens Ndaba is die slagoffer per helikopter na die hospitaal geneem.

“Die voorval is ontstellend en weerspieël wat in die samelewing gebeur. Kinders bring hierdie gevaarlike wapens van die huis af. Ouers moet ons dus help om hierdie voorvalle stop te sit.

“Ons het reeds amptenare van die departement en beraders na die skool gestuur. Ons is ook in gesprek met al die belanghebbendes oor die gr. 9-leerling se skorsing,” sê Ndaba.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die seun is nog nie in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

* Ndaba het bevestig dat ’n leerling van die Laerskool Joe Solomon in Heidedal, Bloemfontein, Dinsdag deur ’n medeleerling met ’n pen in die gesig gesteek is. Die seun moes steke kry.

Meer oor:  Koffiefontein  |  Skroewedraaier  |  Leerling  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.