Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Leeuboer-prediker skiet 3 plaasaanvallers dood
Ao. Strys Strydom en Benji was Donderdag ook op die toneel. Benji is opgelei om bloed, semen en speeksel uit te snuffel en is een van die bekendste polisiehonde in die land. Foto: Alet van der Walt

’n Leeuboer en lekeprediker van Kroonstad het Donderdagoggend drie plaasaanvallers doodgeskiet nadat hy vroegoggend op sy leeuplaas aangeval en met ’n mes in die kop en nek gesteek is.

“Ek is Pieter Swart, wat deur vier rowers aangeval is! Ek het drie van my aanvallers geskiet! Ek is gewond, ek het onmiddellik hulp nodig! Hulle is nog op my perseel. Ek het onmiddellik hulp nodig!”

Só het Swart (37), eienaar van die bekende Boskoppie-leeu-en-tierreservaat, Donderdagoggend uitasem en in groot nood die hulp van die Eersterus-boerevereniging ontbied. Dié stemboodskap is later versprei.

Swart is ’n leeuboer en leke-pastoor wat sy eie kerk, die Greater Works Christian Church, op die leeuplaas op die Edenville-pad sowat 12 km buite Kroonstad het.

Vier mense met klapmusse op het hom om 07:20 aangeval.

Brig. Sam Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die vier het Swart verras toe hy die deur oopgemaak het van sy huis waar hy alleen op die leeuplaas bly.

“Die aanvallers het hom probeer oorweldig en met ’n mes in die nek en aan die regterkant van sy kop gesteek.

“Hy kon daarin slaag om sy vuurwapen in die hande te kry en het verskeie skote afgevuur. Drie verdagtes is noodlottig gewond en nog een het ontvlug.”

Netwerk24 verneem dat die aanvallers verby verskeie gevaarlike leeu- en tierkampe moes loop om by Swart se huis uit te kom.

Pieter Swart, ’n leeuboer en lekeprediker van Kroonstad, is op die Boskoppie-leeu-en-tierreservaat buite Kroonstad aangeval. Foto: Facebook
Die ingang na die Boskoppie-leeu-en-tierreservaat, sowat 12 km buite Kroonstad. Foto: Alet van der Walt

Makhele sê boere, die buurtwag en lede van die nasionale misdaadagentskap (NCA) het ’n verdagte aangekeer. Dié persoon is waarskynlik ’n vyfde verdagte wat wag gestaan het. “Ons soek nog na die vierde verdagte.”

Die polisie, boere, buurtwag en nooddiens was almal binne minute ná die voorval op die toneel.

Polisielede was Donderdagmiddag laat nog op die toneel besig. Hier ondersoek hulle gewere wat aan Pieter Swart, eienaar van Boskoppie, behoort. Foto: Alet van der Walt
Benji wys waar die bloed van ’n mens op die plaveisel gevind is. Foto: Alet van der Walt
’n Bord op die Boskoppie-leeu-en-tierreservaat. Foto: Alet van der Walt
Benji ruik aan ’n kledingstuk op die toneel waar Pieter Swart aangeval is, terwyl polisielede toekyk. Foto: Alet van der Walt.
Die vermeende rowers moes op die Boskoppie-leeu-en-tierreservaat verby kampe met gevaarlike diere loop. Foto: Facebook
Die reservaat word ook soms deur skoolgroepe besoek. Foto: Facebook
Die Boskoppie-leeu-en-tierreservaat buite Kroonstad is ’n gewilde toeriste-aantreklikheid waar onthale vir troues ook gehou word. Foto: Facebook

Swart is in ’n hospitaal in Kroonstad opgeneem en sy toestand is stabiel.

Een van Swart se grootouers is in die 1970’s op ’n buurplaas doodgeskiet, sê vriende van die familie.

Tommie Esterhuyse, vise-president van Vrystaat Landbou, het onlangs gesê daar was 60 plaasaanvalle en 12 plaasmoorde in die provinsie in die 2020-kalenderjaar, teenoor 52 plaasaanvalle en 11 moorde in 2019.

In die boerderygemeenskappe in die Vrystaat is 37 dorpe deur dié soort misdaad geraak. Die hoëmisdaad-gebiede is kleinhoewes om Bloemfontein en plase in die omgewing van Hobhouse, Marquard, Odendaalsrus, Theunissen en Virginia.

Meer oor:  Plaasaanvallers  |  Pieter Swart  |  Leeuboer  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.