Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lid van ANC-jeugliga doodgeskiet, nog 1 gewond

’n 25-jarige lid van die ANC-jeugliga is Saterdag doodgeskiet en ’n ander lid gewond by ’n saamtrek in die Temba-stadion in Hammanskraal, noord van Pretoria.

Volgens brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, dui die voorlopige ondersoek dat daar voor die skietery ’n bakleiery tussen afgevaardigdes uitgebreek het.

“Afgevaardigdes het na bewering mekaar begin aanval. Die oorledene het glo die geveg probeer ontlont toe ’n onbekende man uit die skare te voorskyn gekom en skote op die oorledene geskiet het.”

Peters sê die ander slagoffer, wat glo die geleentheid georganiseerder het, is ook geskiet en na ’n hospitaal gehaas is.

Peters sê die verdagte het in ’n grys BMW met ’n onbekende registrasienommer weggery.

“Die polisie is nog op die toneel om meer inligting in te win en doen ’n beroep op almal met inligting oor die verdagte en sy blyplek om die polisie in Temba te kontak, of die Stop Misdaadnommer 08600 10111 te skakel.”

Lesego Makhubela, voorsitter van die ANC-jeugliga in Tshwane, het bevestig dat die skietery buite die lokaal plaasgevind het.

Hy het gesê daar is getuies wat die skietery gesien het en met die polisie in verbinding sou tree.

Volgens hom was die skieter en sy slagoffer voor die skietery in ’n argument betrokke, maar dit is onduidelik waaroor dit gegaan het.

Die skieter is glo aan getuies bekend en is nie ’n lid van die jeugliga nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.