Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lid van bende-eenheid veg om lewe na koeëlreën

Een van die lede van die Wes-Kaapse bende-eenheid wat Woensdag omstreeks 02:30 deur onbekende mans in Sweet Home Farm, Samora Machel, aangeval is, veg om sy lewe in die Gatesville Melomed-hospitaal in Gatesville, Athlone.

Konst. Freddie Florence (42) is kort ná 07:00 per ambulans na die hospitaal geneem. Hy is in die kop geskiet.

Chirurge by die hospitaal het hom kort ná 10:00 by die teater ingestoot waar hulle gaan probeer om die koeël wat in sy kop vassit, te verwyder.

Die vier ander lede van die bende-eenheid wat in dieselfde voorval raakgeskiet is, is almal buite gevaar, het die eenheid se hoof, genl.maj. Andre Lincoln, gesê.

Konst. Freddie FlorenceFoto: Verskaf

Hy is egter baie bekommerd oor Florence en was Woensdagoggend by die hospitaal.

Die name van die ander polisielede is nog nie amptelik bevestig nie.

Netwerk24 het vasgestel een van die ander gewondes is konst. Edwell le Grange, wat in die linkerheup getref is. ’n Vyfde polisieman het sy knie seergemaak.

Lede van die bende-eenheid was in Samora Machel besig met ’n opsporingsoperasie waartydens hulle na verdagtes in moordsake gesoek het.

Daar is op hulle geskiet toe hulle die plakkershut van een van die verdagtes genader het.

Niemand kan nog sê hoeveel skote daar op die polisielede afgevuur is nie.

Konst. Edwill le GrangeFoto: Verskaf

Die ander polisielede se beserings sluit in dat een in albei sy bene getref is, nog een in die linkerkant van sy gesig en in sy rug, en nog een in sy voet en maag.

Bheki Cele, minister van polisie, het Woensdag die aanval veroordeel.

Hy het gesê die polisie het ’n 72-uur-plan in werking gestel om die mense wat vir die aanval verantwoordelik is, op te spoor.

Hy het gesê die polisielede is deur ’n verdagte wat hulle in hegtenis geneem het na die hut gelei. Toe hulle die hut nader, is daar sonder waarskuwing op hulle geskiet.

’n Oor-en-weer-skietery het ontstaan.

Volgens inligting was speurders verbonde aan die bende-eenheid, sowel as lede van die polisie se forensiese eenheid, teen laatoggend nog op die toneel om die gebied vir leidrade te fynkam.

Meer oor:  Bende-Eenheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.