Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onwettige myners vermoor metropolisielid

Lt.kol. Japie van der Linde van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) is Dinsdagoggend in Primrose deur onwettige myners doodgeskiet.

Luidens ’n verklaring van die EMPD het hulle net ná 06:00 ’n wenk gekry oor onwettige mynaktiwiteite in die Primrose-omgewing. Die taktiese eenheid het gereageer.

Toe hulle daar aankom, het van die onwettige myners op hulle begin skiet, lui die verklaring.

Van der Linde is op die toneel dood.

Verdagtes is in hegtenis geneem en die polisie ondersoek aanklagte van moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook onwettige mynaktiwiteite.

Frans Mmoko, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in Ekurhuleni, sê Van der Linde het meer as die nodige gedoen in die stryd om misdaad te bekamp.

Meer oor:  Japie Van Der Linde  |  Metropolisie  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.