Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Liefde versuur toe man glo met pensioengeld verdwyn

’n Man wat sowat tien maande in ’n verhouding met ’n onderwyseres van Heidedal in Bloemfontein was, het na bewering met haar pensioengeld verdwyn.

Hy het haar glo oortuig om te bedank en al haar pensioengeld te onttrek.

Die man het die 51-jarige vrou en haar familie daarna glo gedreig totdat sy al haar pensioengeld uit die drie banke waarin dit inbetaal was, onttrek het.

Sy het glo meer as R1 miljoen aan hom oorhandig.

Kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die vrou was sedert April verlede jaar in ’n verhouding met die man. Die man, van wie sy glo baie min weet, het voorgestel dat hulle ’n onderneming begin wat eiendomme koop en verhuur.

Covane sê ’n dossier van bedrog sal aan die polisie se regspan voorgelê word.

Volgens Covane het hy die vrou oortuig om as onderwyser te bedank en haar pensioengeld daarvoor te gebruik.

Sy het glo in Januarie vanjaar haar pensioengeld ontvang, waarna hy haar gedreig en gesê het hy weet “waar sy en haar familie woon”.

Covane sê volgens die vrou het sy vir haar lewe gevrees. Sy het die man op 11 Januarie na die banke vergesel sodat sy die geld kon onttrek. Sy het dit daarna in ’n sak gesit en vir hom gegee. Hy is glo toe weg met die geld.

Die vrou het hom glo gebel, maar hy het gesê hy sal haar later sien. Toe sy by sy huis opdaag, was die hek gesluit.

Die vrou het dieselfde dag nog die voorval by die Parkweg-polisiekantoor aangemeld.

Covane sê ’n dossier van bedrog sal aan die polisie se regspan voorgelê word.

Hy het vroue gewaarsku om versigtig te wees vir mans wat voorgee dat hulle baie geld, huise en voertuie het. Hulle moet eers seker maak hulle weet alles van die persoon af en dat hulle die man kan vertrou voordat hulle geld aan hom toevertrou.

Meer oor:  Heidedal  |  Bloemfontein  |  Onderwyseres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.