Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Liefie, ek verloor baie bloed,’ sê byeboer ná aanval

“Toe ek die voordeur oopsluit, tref dit my dat die veiligheidshek weg is en uitgebreek teen die muur staan,” sê die 49-jarige Cecelia Dinkelman van die Ficksburg-distrik.

“Die volgende oomblik kyk ek in die loop van ’n vuurwapen vas.”

Drie gewapende mans het haar en haar man, Jasco (51), Sondagaand op ’n plaas aangeval en beroof. Die aanvallers het ’n vuurwapen, panga en mes by hulle gehad.

Dinkelman sê “mense moet wakker wees, want dit wat jy dink is veilig, is nie”.

Sy het begin skreeu toe sy besef sy word aangeval en die mans het haar by die huis ingestamp, en een het haar in haar nek gekap.

Jasco en Cecilia Dinkelman, wat Sondagaand in hul plaashuis buite Ficksburg aangeval en beroof is.

Jasco het intussen uit die egpaar se slaapkamer gekom.

Dinkelman sê hulle is baie veiligheidsbewus en sy het ’n tweede veiligheidshek (in die gang) agter haar gesluit toe sy na die voordeur is om haar kat in te roep.

Die egpaar het ’n pitbull en nog honde wat reeds in die huis toegemaak was.

“Ons het geglo die honde sal ons beskerm, maar hulle het verdwaas gelyk en niks gedoen nie.”

Jasco het die hek in die gang oopgesluit en vir die mans geskreeu om haar uit te los.

“Hulle het vir my man gegaan en ek het van die geweldige pyn inmekaargesak.”

Die egpaar is na die slaapkamer gesleep.

“Ek het gedink hulle gaan my verkrag,” sê sy.

Die mans het geld en gewere geëis.

Hulle het vir my man gegaan en ek het van die geweldige pyn inmekaargesak.

Jasco, wat ook in sy nek gesteek of gekap is en erg gebloei het, het ’n klein draagbare kluis uitgehaal en gesê daar is geld in.

Die mans het hom gedreig omdat hulle ook vuurwapens wou hê.

“Die man met die panga was baie moorddadig,” sê sy.

Jasco het hulle oortuig dat daar nie vuurwapens in die huis is nie.

Die aanvallers het ’n tabletrekenaar en ’n selfoon gesien en dit saam met die kluis en kluissleutel gevat.

Jasco het gesê daar is R26 000 in die kluis en gevra dat hulle dit moet vat en gaan.

“Liefie, ek verloor nou baie bloed,” het hy gesê nadat die mans weg is.

Dinkelman kon haar selfoon, wat die mans nie gesien het nie, gebruik om hulp te ontbied.

Daardie geld het ons lewens gered. Hulle het geglo ons het geld en vuurwapens in die huis en wou dit hê.

Sy sê die boeregemeenskap van Ficksburg, die paramedici, die personeel van die Ficksburg-hospitaal en die Mediclinic Hoogland op Bethlehem het hulle ongelooflik ondersteun en goed behandel.

Jasco, wie se nek en linkerhand beseer is, moes drie eenhede bloed kry. Hy verkeer tans in baie pyn en sterk by die huis aan.

Dinkelman sê sy dink as hulle nie geld in die huis gehad het nie, sou die aanvallers hulle baie seerder gemaak het.

“Daardie geld het ons lewens gered. Hulle het geglo ons het geld en vuurwapens in die huis en wou dit hê.”

Die Dinkelmans boer met bye en is in 2014 as die beste landbou-onderneming in die Vrystaat aangewys.


Meer oor:  Ficksburg  |  Bloed  |  Aanval  |  Byeboer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.