Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Limpopo: Aanklaer skuldig aan korrupsie

’n Staatsaanklaer van Limpopo is agter tralies nadat hy Donderdag in die handelsmisdaadhof in Giyani aan korrupsie skuldig bevind is.

Molatelo Herbert Serumula (49) was ’n aanklaer by die Morebeng-landdroshof en is in 2018 deur die Valke in hegtenis geneem.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê Serumula het R2 000 omkoopgeld gevra van ’n beskuldigde wat aangekla is van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die beskuldigde het R500 aan Serumula betaal en die saak teen hom is daarna teruggetrek met die veronderstelling dat hy op ’n latere stadium R1 500 sou betaal.

Die beskuldigde het egter die voorval by die Valke aangemeld en ’n ondersoek het gevolg waarna Serumula in hegtenis geneem is.

Hy is in 2018 op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Maluleke sê Serumula is ná sy skuldigbevinding in aanhouding. Hy sal op 28 Junie in die handelsmisdaadhof in Giyani gevonnis word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.