Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Limpopo: Boer, plaaswerker vermoor

’n Boer en ’n plaaswerker is dood aangetref op ’n plaas in Radium, naby Bela-Bela in Limpopo.

Volgens ’n ingeligte is Simon Malebane (61) gevind waar hy in sy huis op sy maag lê met sy hande vasgebind. Die vermoede is dat hy Vrydagnag by sy voertuig voorgelê is en toe na die huis gesleep is. Daar is hy met ’n onbekende voorwerp doodgeslaan.

Daniel Ngoagamobe (59), ’n plaaswerker wat langs die hoofhuis gebly het, is na verneem word ook vasgebind en doodgeskiet.

Dit is onbekend of Malebane se vuurwapens vermis word of gebruik is om Ngoagamobe te skiet.

Sers. Frans Mapunya, polisiewoordvoerder in Bela-Bela, het die voorval bevestig, maar kon nie meer besonderhede gee nie. Mapunya sê hy wag op terugvoer van sy kollegas wat die toneel besoek het.  

Meer oor:  Limpopo  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.