Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Limpopo: Mense brand raadslid se huis, motor
Die uitgebrande motor van 'n ANC-raadslid in Modjadjiskloof. Foto: SAPD
Die huis van 'n ANC-raadslid in Limpopo wat aan die brand gesteek is. Foto: SAPD

’n ANC-wyksraadslid van Modjadjiskloof in Limpopo se huis en motor is Maandagaand deur woedende gemeenskapslede aan die brand gesteek.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die gemeenskap van die Goedplaas-nedersetting buite Modjadjiskloof het die raadslid glo beskuldig van ongerymdhede wat met stadsraadsake te doen het.

’n Groep woedende mense het toe haar huis en motor aan die brand gesteek.

Ngoepe sê sowat R400 000 se skade is aangerig.

Die raadslid se naam word vir eers weerhou uit vrees vir haar veiligheid. Sy is nie beseer toe haar huis aan die brand gesteek is nie.

"Dit is die hoeveelste voorval in Limpopo waar mense wat nie hul sin kry nie, ander mense se eiendom aan die brand steek. Die polisie sal dit nie duld nie," sê Ngoepe.

Die polisie het 11 mense in hegtenis geneem wat Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Bolobedu op aanklagte van openbare geweld, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging verskyn het.

Die vier vroue en sewe mans sal tot volgende Woensdag in aanhouding bly wanneer hulle moontlik om borgtog sal aansoek doen.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het weer eens ’n beroep op die publiek gedoen om nie eie reg te gebruik nie.

Meer oor:  Goedplaas  |  Limpopo  |  Modjadjiskloof  |  Verbrand  |  Raadslid  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.