Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Koperdiewe beskadig lokomotiewe in George-museum

Skade van sowat R215 000 is aangerig aan twee stoomlokomotiewe in die Outeniqua-vervoermuseum op George nadat koperdiewe toegeslaan het.

’n Skoonmaker by die museum word in verband met diefstal ondersoek.

Foto ter illustrasie: Stoomlokomotiewe wat in die Outeniqua-vervoermuseum op George uitgestal word, is deur koperdiewe geteiken. Foto: www.gardenroute.com

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, sê 12 stoomlokomotiewe is beskadig, maar dit is moeilik om te bepaal wanneer die diefstal plaasgevind het. Die verdagte word net verbind met die beskadiging van twee stoomlokomotiewe in drie voorvalle wat vermoedelik in Oktober 2020 plaasgevind het.

Die Valke het beslag gelê op 2,8 kg se gesteelde koperpype wat in die besit van die verdagte gevind is.

Die 45-jarige man, wat as skoonmaker werk vir ’n maatskappy wat deur Transnet gekontrakteer word, is ná verdere ondersoek Vrydag gedagvaar om op 26 Mei in die landdroshof in George te verskyn. Hy staan tereg op drie aanklagte van diefstal en twee aanklagte van opsetlike saakbeskadiging.

Die Valke se ondersoek na die diefstal volg nadat die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (Sahra) inligting verskaf het oor die beskadiging van stoomlokomotiewe by die museum.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.