Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lokval vir metropolisie: Gewonde konstabel geopereer

Een van die twee metropolisiebeamptes wat Maandag in die vroeë oggendure naby die Borchards Quarry-wisselaar op die N2 in Kaapstad geskiet is, is Maandagmiddag geopereer om ’n koeël uit sy lyf te haal.

Die beamptes is volgens die Kaapstad-metro in ’n lokval gelei.

Die toneel op die N2 vroeg Maandagoggend na twee Kaapse metropolisielede in 'n lokval gelei is. 'n Skietvoorval het uitgebreek en een van die lede is gewond. Hy is later geopereer om die koeël uit sy rug te verwyder. Foto: Verskaf

Richard Bosman, uitvoerende direkteur van veiligheid en sekerheid in die metro, sê die konstabel is twee keer raakgeskiet, een keer in sy regterbeen en een keer naby sy heup. Sy kollega, ’n vrouesersant, is in haar been geskiet.

Sy is reeds uit die hospitaal ontslaan. “Dit was gelukkig net ’n vleiswond.” Albei die beamptes is 44 jaar oud.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, sê die twee beamptes is in ’n lokval gelei. “Op kringtelevisie kan duidelik gesien word hoe mense klippe in die pad pak. Die twee beamptes het gereageer om die klippe te verwyder. Intussen het ’n ander voertuig oor die klippe gery en van die pad getrek.”

Twee metropolisiebeamptes en ’n motoris is Maandag op N2 geskiet. Foto: Twitter/Cape Town Freeway

Smith sê daar kan gesien word hoe ’n ander voertuig die een wat oor die klippe gery het, nader. “Dit lyk asof die insittendes van die tweede voertuig die mense in die eerste voertuig wil help. Toe ons beamptes by die twee voertuie stilhou, het ’n insittende van die tweede voertuig egter op hulle begin skiet.”

Die motoris in die eerste voertuig is ook gewond.

“Ons beamptes sal van nou af elke situasie as ’n moontlike lokval moet benader. Dit kan dienslewering raak, maar ons kan ook nie dat beamptes se lewe in gevaar gestel word nie.”

Die verdagte het met een van die beamptes se vuurwapen, ’n tweerigtingradio en persoonlike besittings gevlug.

’n Beloning van R50 000 is uitgereik vir enigiemand wat inligting het wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei.

Beamptes besig op die toneel met hul ondersoek. Foto: Verskaf
Die toneel op die N2 vroeg Maandagoggend na twee Kaapse-metropolisielede in 'n lokval gelei is. Foto: Verskaf
Meer oor:  Jp Smith  |  Richard Bosman  |  Kaapstad  |  Borchards Quarry-Wisselaar  |  N2  |  Skietvoorval  |  Operasie  |  Metropolisie  |  Lokval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.