Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Losprys van R50 000 geëis vir ontvoerde meisie

Die vermeende ontvoerders van ’n agtjarige meisie van Thabong naby Welkom in die Vrystaat dreig om haar te vermoor as haar familie nie ’n losprys van R50 000 betaal nie.

Bokamoso Shabe (8) is Maandag die laaste keer omstreeks 13:30 by die Mmantshebo Primary School in Jerusalem Park gesien.

Volgens die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS) in Thabong dui hul voorlopige ondersoek daarop dat die meisie by die skool deur ’n onbekende vrou ontvoer is.

’n Man wat homself Aubrey noem, het die meisie se ouma Maandag omstreeks 15:00 gebel en ’n losprys van R50 000 geëis. Hy het gedreig om Bokamoso te vermoor as die geld nie aan hom betaal word nie.

Bokamoso Shabe (8), wat na bewering Maandag by haar skool ontvoer is.

’n Vrou wat haarself as Nthabeleng voorgestel het, het Bokamoso se ouma Dinsdag omstreeks 08:45 van dieselfde telefoonnommer gebel en ook die geld geëis.

Die GKS-eenheid van die Thabong-polisiekantoor doen nou ’n dringende beroep op die gemeenskap om hulle by te staan met inligting wat kan help om Bokamoso op te spoor.

Die meisie het ten tyde van haar ontvoering haar skooluniform aangehad. Dit is ’n wit hempie, grys-en-wit trui, ’n grys romp en swart skoene.

Enigiemand met inligting word versoek om ao. Tshediso Qhamakoane by 082 375 6355 of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te bel. Inligting kan ook deur die MySAPS-app gestuur word.

Meer oor:  Bokamoso Shabe  |  Welkom  |  Thabong  |  Losprys  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.