Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Louis Pienaar uit hospitaal ná aanranding

Louis Pienaar (38) wat byna ’n maand gelede by ’n Pretoriase nagklub aangerand is en lank in ’n koma was, is uit die hospitaal ontslaan.

Louis se pa, Pine, sê hy is Saterdag uit die waakeenheid van die Life Wilgers-hospitaal ontslaan.

Louis Pienaar in die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria ná die aanranding. Foto: Verskaf

Louis is op 11 November vroegoggend buite Madison Avenue in Lynnwoodweg glo deur Dylan van der Walt (20), ’n losvoorspeler van die Blou Bulle se o.21-span, aangerand. Louis en sy neef, Christian Cronjé, het die Vrydagaand daar gekuier.

“Hy is oukei. Hy is wakker en hy praat. Hy loop, maar nog nie behoorlik nie. Alles is nog onsamehangend. Sy gedagtes dwaal nog en hy kan nie altyd ’n sin bymekaarsit nie. Daar is nog ’n paar ‘kortsluitings’.”

Pine sê Louis kry spraak-, arbeids-, en fisioterapie.

“Ons sien elke dag ’n effense verbetering, maar die lang pad begin nou eers. Hy sal weer van vooraf moet leer praat en loop.”

Hy was aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel en dokters was veral bekommerd oor bloeding links voor op sy brein wat sy spraak aantas.

Louis Pienaar en sy vrou, Corynne, en hul seuns, Aden (6) en Finn (3). Foto: Verskaf

Louis, ’n inligtingstegnologiebestuurder, en sy Britse vrou, Corynne, en hul seuns, Aden (6) en Finn (3), het sowat drie maande gelede van Basingstoke in die suide van Engeland na Suid-Afrika verhuis.

Die polisie ondersoek ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Kapt. Ilze Jones, polisiewoordvoerder, het bevestig al die getuieverklarings is afgeneem en dat die dossier aan die staatsaanklaer oorhandig is.

“Die slagoffer se verklaring moet nog afgeneem word en ’n mediese verslag is ook aangevra.”

Pine sê die polisie het weer probeer om ’n verklaring by Louis af te neem, maar “hulle kon sien dat hy te deurmekaar is om sin te praat”.

Van der Walt se prokureur, Jacques Diemieniet, was nie om kommentaar beskikbaar nie.

Meer oor:  Dylan Van Der Walt  |  Louis Pienaar  |  Pretoria  |  Aanranding  |  Nagklub
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.