Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
LUR betreur skietdood van Kaapse taxibaas

“Ons moet presies uitvind wat agter die taxi-verwante moorde in ons provinsie sit,” het die Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, Bonginkosi Madikizela, gesê.

Hy het verwys na die jongste voorval Woensdagaand waarin Victor Wiwi, president van die Cape Amalgamated Taxi Association (Cata), en nog ’n man doodgeskiet is. ’n Derde man is in die voorval beseer.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdagoggend bevestig dat die Nyanga-polisie ná die skietvoorval omstreeks 21:45 twee moorde en ’n voorval van poging tot moord ondersoek.

Volgens Van Wyk het die voorval by die Borcherds Quarry-afrit in Nyanga, in die rigting van Kaapstad, gebeur.

Die metropolisie het op ’n voertuig afgekom wat langs die pad gestaan het.

“Die lyk van ’n 48-jarige man is in die silwerkleurige Toyota Fortuner aangetref. ’n 57-jarige beseerde man het buite die voertuig gelê, en ’n 57-jarige man wat na ’n nabygeleë hospitaal geneem is, is later aan sy beserings dood.”

Volgens Van Wyk is speurders op die spoor van verdagtes wat vermoedelik by die voorval betrokke was.

Madikizela het Donderdag sy hartseer en skok oor die “tragiese dood van die president van Cata” uitgespreek.

Die lyk van ’n 48-jarige man is in die silwerkleurige Toyota Fortuner aangetref. ’n 57-jarige beseerde man het buite die voertuig gelê, en ’n 57-jarige man wat na ’n nabygeleë hospitaal geneem is, is later aan sy beserings dood.

Hy het gesê Victor het hom sowat twee uur voor die voorval gebel en ingelig dat hy Woensdag ’n vergadering by die Laingsburg-munisipaliteit bygewoon het.

Madikizela het ’n beroep gedoen op die taxiverenigings en hul lede om kalm te bly en die polisie toe te laat om sy werk te doen.

“Die polisie moet hierdie saak prioritiseer. As deel van my volgehoue pogings om die huidige vlaag van taxigeweld in die provinsie te beëindig, het ek ’n dringende vergadering met die leierskap van die SA National Taxi Council (Santaco) belê.

“Victor Wiwi was ’n gerespekteerde en saggeaarde leier wat toegewy was daaraan om die vrede te bewaar en die geweld te beëindig. Mag sy siel in vrede rus,” het Madikizela gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.