Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vlakfontein: LUR herbekyk saak teen vermeende moordenaar

Faith Mazibuko, Gautengse LUR van veiligheid, het amptenare opdrag gegee om die saak teen Fita Khupe wat van sewe moorde in Vlakfontein aangekla was, weer te ondersoek.

Dit kom nadat die staat verskeie klagtes teen hom teruggetrek het.

Khupe was daarvan aangekla dat hy die sewe lede van die Khoza-gesin vermoor het, maar hy het verlede week as ’n vry man by die hof in Lenasia, Johannesburg, uitgestap.

 Fita Khupe
Fita Khupe Foto: Canny Maphanga, News24

Inwoners het toe ’n protesoptrede gehou omdat hulle nie ingelig is dat die saak op 7 Junie op die hofrol was en nie 13 Junie soos hulle vroeër ingelig is nie.

Hulle het ook gesê die nasionale vervolgingsgesag (NVG) oortuig hulle nie dat daar nie genoeg bewyse teen Khupe is nie.

Mazibuko het ingegryp nadat sy met die gemeenskap vergader het.

Phindi Mjonodwane, NVG-woordvoerder, het verlede week in ’n verklaring gesê die aanklagte is teruggetrek nadat hulle nie direkte bewyse kon kry wat Khupe met die misdaad verbind nie. Die bekentenis van Ernest Mabaso, sy medebeskuldigde, is nie genoeg om Khupe te vervolg nie.

Mazibuko het die gemeenskap belowe sy gaan met die minister van justisie oor die meriete van die saak praat om die klagte moontlik weer in te stel.

Meer oor:  Fita Khupe  |  Vlakfontein  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.