Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
LUR vra vrae ná Imaan (7) aan bende-koeëls sterf
Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Peter Abrahams/Son

Die ontstoke LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap het Woensdag in Ocean View gesê hy soek antwoorde by die polisie oor die hernude vlaag van bendegeweld hier en hoekom onskuldige mense gedurig in dié klein township naby Kommetjie uitgemoor word.

Albert Fritz, die LUR, het Ocean View besoek nadat die nuus Dinsdagaand rugbaar geword het dat ’n sewejarige meisie, Imaan Solomons, drie keer in haar bors getref is deur die koeëls van strydende bendes wat op mekaar geskiet het.

Paramedici het haar na die Valsbaai-hospitaal in Vishoek gehaas, maar sy is met haar aankoms daar dood verklaar.

’n Hawelose man, Abdul Felix (31), is ook in die voorval doodgeskiet.

Fritz het gesê kry hy nie antwoorde nie, maar hy moet antwoorde verskaf aan die Wes-Kaapse polisiehoof, lt.genl. Yolisa Matakata.

Hy sê hy was veral baie kwaad toe hy hoor dat die polisie se eenheid vir openbare orde en die bende-eenheid sedert Woensdagoggend nog nie in die gebied was om te patrolleer nie, ondanks hul versekering in dié verband.

Fritz het Woensdagmiddag ná sy besoek aan die polisie en Imaan se familie gesê sy persoonlike ingryping was nodig. “Ek het met die stasiebevelvoerder en ook genl.maj. André Lincoln (hoof van die bende-eenheid) gepraat.”

Hy het gesê Lincoln het daarop onmiddellik opdrag gegee dat lede van die bende-eenheid in Ocean View ontplooi word. “Lincoln het ook gesê dat hy self na Ocean View sal gaan om hom te vergewis van die situasie daar.”

Fritz sê familielede van Imaam het traumaberading ontvang. Hy het sy medelye teenoor die familie uitgespreek en sy ondersteuning vir hulle in hul tyd van rou aangebied.

Hy beplan ook om met ander rolspelers in die gemeenskap, insluitende buurtwagte, die polisie en die gemeenskapspolisiëringsforum te vergader sodat hulle met ’n veiligheidsplan met praktiese oplossings vorendag kan kom.

Hy het ’n beroep op mense met inligting oor die voorval gedoen om die plaaslike polisiekantoor of die Stop Misdaad-nommer op 0860 010 111 te kontak.

“As die gemeenskap kan ons nie bendes toelaat om onskuldige en weerlose mense te terroriseer nie. Ons moet standpunt inneem en die misdadigers aan die kaak stel,” sê Fritz.

Meer oor:  Ocean View  |  Kommetjie  |  Bendeskietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.