Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
LUR woedend oor man wat verkeersvrou skiet

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR van vervoer en openbare werke, het die voorval waarin ’n vroulike verkeersbeampte Vrydagoggend by Pacaltsdorp geskiet is, as kommerwekkend beskryf en iets wat ’n mens woedend maak.

“Dit is iemand wat elke dag opstaan om seker te maak ons paaie is veilig en sulke mense (soos die skieter) hoort nie in ons samelewing nie,” sê hy.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die voorval was om 09:10 op die brug oor die N2 toe die beampte roetinepatrolliewerk gedoen het.

Volgens Madikizela het sy ’n swart Audi met vervalste nommerplate van die pad afgetrek omdat die bestuurder roekeloos bestuur het.

Dit is iemand wat elke dag opstaan om seker te maak ons paaie is veilig en sulke mense (soos die skieter) hoort nie in ons samelewing nie,

“Die bestuurder het ’n vuurwapen uitgepluk en die beampte geskiet waarna hy haar dienswapen gesteel het,” sê hy.

Volgens Madikizela is die beampte in die nek geskiet, maar volgens Pojie is sy in die gesig geskiet. Luidens ’n verklaring van ER24 is sy in die lyf geskiet. Meer duidelikheid is oor die teenstrydighede gevra, maar geen reaksie is ontvang nie.

Volgens Pojie het die verdagtes van die toneel gevlug, maar lede van die polisie het een van die verdagtes later in ’n veld naby die treinspoor ingehaal.

“In ’n poging om die verdagte in hegtenis te neem, het nog ’n skietery ontstaan. Die verdagte, wat op die polisie geskiet het, is in sy linkerknie en regterarm gewond,” sê Pojie.

Die verdagte is, vergesel deur die polisie, vir behandeling hospitaal toe gebring.

Teen 13:00 was die pad nog gesluit met die polisie se forensiese spanne wat die toneel gefynkam het.

Die bestuurder het ’n vuurwapen uitgepluk en die beampte geskiet waarna hy haar dienswapen gesteel het

Twee ander beamptes is vir skok na die hospitaal gebring.

“Die verdagte moet die volle mag van die gereg voel. Mense soos hy hoort nie in ons samelewing nie,” sê Madikizela.

Hy sê hy beplan om die beampte, wat nou stabiel is, Sondag in die hospitaal te besoek. Die LUR is nou in die Suid-Kaap om ondersoek in te stel of die gebied die Covid-19-regulasies volg, veral wat langafstand-minibustaxi’s betref.

Hy kon egter nie die beampte se naam sonder haar toestemming bekend maak nie.

Haar twee kollegas is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Meer oor:  Bonginkosi Madikizela  |  Gesig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.