SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Lutherse Kerk in Athlone besteel

Die Evangeliese Lutherse Kerk in Athlone bied ’n beloning aan ná inbrekers die afgelope week toegeslaan het en voorwerpe van “onskatbare waarde” gesteel het.

Die Lutherse Kerk in Athlone, Kaapstad het dié foto’s gedeel van die items wat die afgelope week uit die kerkgebou gesteel is.Foto: Verskaf

Gertjie de Vries Bock, diaken van dié kerk in Kaapstad, het Sondag gesê die gemeente is “diep teleurgestel” nadat daar verlede naweek en Donderdag by die kerkgebou ingebreek is.

Die inbrekers het gevlug met die kerk se nagmaalstel, doopbakke en ’n bronsbeeld van ’n arend.

“Sulke goed is van onskatbare waarde en ons het dit gebring van die ou kerkgebou af nadat mense weens die Groepsgebiedewet verskuif is.”

Volgens De Vries Bock wys die gemeente egter nie vingers na enigiemand nie en weet hulle nie wie verantwoordelik kan wees nie.

Dit volg egter nadat huisvesting aangebied is vir slagoffers van die brand in die informele nedersetting Vygieskraal en verskeie mense twee weke lank in die kerkgebou gebly het.

De Vries Bock sê dit is moeilik om te beheer wie die kerk in dié tyd binnegegaan het en vas te stel wie daar gebly het.

’n Beloning van R1 500 word aangebied aan enigiemand wat kan help om die kerk se eiendom terug te besorg.

Enigiemand met meer inligting oor die inbrake kan De Vries Bock bel by 073 303 1009.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.