Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lutzville-boer glo reeds Saterdagaand geskiet

Die druiweboer Jaco Louw (57) wie se lyk Sondag omstreeks 10:45 op sy plaas buite Lutzville aan die Weskus gevind is, is heel moontlik reeds al Saterdagaand vermoor.

Bronne met kennis van die ondersoek na Louw se dood, het Dinsdag gesê dit lyk ook asof Louw doodgeskiet is en nie gesteek is nie.

Jaco Louw (57), ’n druiweboer van Lutzville, wie se lyk Sondagoggend in sy huis gevind is.

Volgens die een bron word minstens drie van Louw se vuurwapens vermis. Daar is glo ook een 7.56-patroondoppie op die toneel gevind.

Die bron het gesê die polisie het reeds sedert Sondag mense ondervra, maar niemand kan met die moord verbind word nie. ’n Assegaai is glo ook op die toneel gevind.

Ian Cameron, AfriForum-hoof van gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag gesê die assegaai behoort aan Louw.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek gaan voort.

’n Plaaswerker het Sondagoggend Louw se lyk met veelvuldige wonde op sy plaas ontdek. Louw het glo alleen op die plaas gewoon.

Sy seuns, wat in Switserland woon, was Maandag nog op pad na Suid-Afrika.

  • Van Wyk het weer eens ’n beroep gedoen op mense met inligting oor die voorval om die Lutzville-polisie by 027 217 4000 te kontak.
Meer oor:  Afriforum  |  Jaco Louw  |  Ian Cameron  |  Lutzville  |  Moord  |  Misdaad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.