Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk gevind ná bejaarde nie na ouetehuis terugkeer

’n Erg verbrande lyk wat nog nie geïdentifiseer is nie, is Maandag in Batlharos naby Kuruman in die Noord-Kaap ontdek.

Francois Haarhoff, wie se pa, Ronnie Haarhoff (80), Vrydag vermis geraak het toe hy van die ouetehuis gery het om inkopies te gaan doen, het gesê hy is in verbinding met die polisie oor ’n motor wat naby Kagung opgespoor is.

“Dit is vermoedelik my pa s’n. Die motor word forensies ondersoek. Sy selfoon is nie opgespoor nie. Toegang tot sy bankrekening is gestop, maar geen geld is weg nie.

“Dit polisie het nog nie met my gepraat oor die lyk wat gevind is nie.”

Hy het gesê hy het Vrydag omstreeks 09:00 die laaste keer telefonies met sy pa gepraat.

“Die Mimosa-ouetehuis het my Vrydagaand laat weet dat hy vermis is. Hy het nie vir aandete opgedaag en om sy medisyne te kry nie.”

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het gesê na aanleiding van die lyk wat ontdek is, word ’n saak van moord ondersoek.

“ ’n Voetganger het die lyk in die veld gevind.

“Ons ondersoek ook die saak van ’n vermiste man van 80 jaar oud. Hy het Vrydag vermis geraak toe hy die plaaslike ouetehuis met sy Volkswagen Polo verlaat het om inkopies te gaan doen. Die motor is op die N14-pad naby Kagung gevind.

“Ons is besig om die identiteit van die lyk te probeer vasstel.”

Enigeen met inligting kan konst. Mosimanegape Thuake by 073 787 7808 bel.

Meer oor:  Kuruman  |  Verbrande Lyk  |  Ouetehuis  |  Bejaarde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.