Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk in kattebak van vermeende rowers se motor gekry

Rowers wat Woensdag in Uitenhage in ’n wilde skietery met die polisie betrokke was, het ’n man se lyk in hul motor se kattebak gehad.

Die polisie het dié ontdekking gemaak toe hulle die vermeende rowers se motor ná ’n jaagtog en oor-en-weer-skietery deursoek het.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê vier gewapende mans het Woensdag omstreeks 15:30 by ’n supermark in Caledonstraat ingestorm.

Volgens Nkohli het hulle die werknemers en die klante gedreig en aangehou.

Terwyl mense binne die supermark as gyselaar gehou is, het van die rowers geld uit die kasregisters gesteel.

Polisielede in Uitenhage het Woensdag op ’n man se lyk in die kattebak van ’n motor afgekom. Foto: Verskaf

Hulle het in ’n grys Toyota Corolla gevlug.

Omstanders het die polisie, wat daar naby op patrollie was, ontbied en hulle het die verdagtes agternagesit. Die verdagtes het in Park Lane op die polisie losgebrand.

’n Oor-en-weer-skietery het uitgebreek en nog polisielede is ontbied, waarna drie verdagtes vasgetrek is.

Een vermeende rower wat gewond is, is na ’n hospitaal geneem. Daar is toe op die lyk in die kattebak afgekom.

“Dit is nog onduidelik of die man gekaap is en in die kruisvuur gesterf het, en of hy saam met die verdagtes gewerk het,” sê Nkohli.

Daar is op twee vuurwapens beslag gelê. Geen polisielid is in die skietery gewond nie.

Die drie verdagtes, wat tussen 24 en 36 jaar oud is, gaan binnekort in die landdroshof op aanklagte van sakeroof en poging tot moord verskyn.

Meer oor:  Uitenhage  |  Kattebak  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.