Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk is toe 9-jarige Miguel s’n

Die polisie in KwaZulu-Natal het bevestig dat die ontbinde lyk wat in Phoenix gekry is, dié van die negejarige Durbanse seun Miguel Louw is.

“Dit is amptelik bevestig dat die lyk van die kind wat verlede week in Longberry-rylaan, Phoenix, gevind is, dié van Miguel Louw is wat in Julie as vermis aangemeld is,” sê kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Miguel Louw. Foto: Image via Facebook

Die polisie het vroeër Woensdag aan News24 gesê dat die liggaam nog nie geïdentifiseer is nie en dat die DNA se uitslae steeds uitstaande is.

Die Louws se familie-prokureur, Vasthi Williams, het ook vroeër aan News24 gesê dat die familie steeds op die uitslae van die DNA-toetse wag.

Williams het Woensdagaand gesê die familie is platgeslaan oor die nuus: “Die familie is platgeslaan en terselfdertyd kwaad. Hulle het heeltyd bly hoop, nou dié nuus . . .”

Sy sê ondersoeke sal voortgaan en dat die familie die polisie sal toelaat om hul werk te doen.

Williams het bygevoeg dat begrafnisreëlings getref word.

Louw het op 17 Julie in Sydenham vermis geraak. Daar word geglo dat hy ontvoer is kort nadat hy die skoolterrein verlaat het.

* Twee weke gelede het die 43-jarige Mohammed Ebrahim, wat na bewering die laaste persoon was wat saam met Miguel gesien is, in die hof op klagte van mensehandel verskyn.

Op video-materiaal word na bewering gewys hoe Ebrahim vir Miguel KFC-hoender naby die skool in Ripponweg in Sydenham gekoop het.

Dit is egter onduidelik of die seun saam met Ebrahim in ’n minibustaxi geklim het nadat hulle die KFC besoek het.

Mbele sê die verdagte staan nou op ’n klag van moord tereg.

Meer oor:  Miguel Louw  |  Kwazulu-Natal (Kzn)  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.