Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk langs pad buite Bloemfontein gekry

Veewagters het Sondag die lyk van ’n man, wat vermoedelik ongeveer 40 jaar oud is, naby Bloem Industria buite Bloemfontein gekry.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, is die gedeeltelik ontbinde lyk die middag langs Shanaanweg gekry.

Die oorledene se hande en voete was met kabelbinders vasgebind, ’n lap was in sy mond gedruk en dit is met kleefband toegeplak. Hy was vol kneusplekke.

Makhele sê hy het ’n denimbroek, oranje T-hemp, ’n baadjie en rooi sokkies aangehad, maar geen skoene nie.

Die polisie vermoed dat hy elders vermoor is voordat sy lyk langs die pad gelos is.

’n Saak van moord word ondersoek en enigiemand wat die polisie in sy ondersoek kan help, kan ao. Thando Ntlwatini, die ondersoekbeampte, by 073 430 6746 bel.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.