Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk langs treinspoor in George: Vrou uitgeken

’n Jong vrou wie se halfnaakte lyk verlede Donderdag langs die treinspoor in George gevind is, is geïdentifiseer en twee mans is in verband met haar dood in hegtenis geneem.

Die vrou, Chane Manuel (23) van Parkdene, is Maandag by die lykshuis in George deur familielede uitgeken.

Polisielede het verlede Donderdag die gebied in die omgewing van die treinspoor gepatrolleer toe hulle twee verdagte mans langs Nelson Mandela-boulevard teëgekom het. Die mans het vermoedelik gesteelde eiendom in hul besit gehad.

Die mans het aan die polisie gesê hulle het ’n jong vrou langs die spoorlyn sien lê. Dit het gelyk asof sy dood is.

Die polisie het gaan ondersoek instel. Manuel het op haar maag gelê en haar hande was agter haar rug vasgemaak.

Die polisie het gesê dat twee mans van Thembalethu van onderskeidelik 18 en 24 jaar oud Dinsdag kort ná mekaar in hegtenis geneem is danksy leidrade wat deur die polisie opgevolg is. Hulle sal Vrydag op aanklagte van moord en verkragting in die landdroshof in George verskyn.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê by navraag oor die omstandighede van Manuel se dood sy is nooit as vermis aangemeld nie. “Hoe die oorledene met die mans verbind kan word, word nog ondersoek.”

Manuel se familie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  George  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.