Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk sonder organe onder brug in Limpopo gekry

’n Man wat vermoedelik vir moetie vermoor is, se verminkte lyk is naby die Peter Mokaba-stadion in Polokwane gekry.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê mense wat Donderdagaand in ’n beboste gebied naby die stadion geloop het, het op die grusame vonds onder ’n brug van die N1-verbypad naby die stadion afgekom.

Al die man se organe, wat die hart, niere, lewer en derms insluit, is verwyder. Die man wat vermoedelik in sy 40’s was se geslagsdeel is ook afgesny.

Hy het ’n grys broek, blou T-hemp en swart skoene aangehad. Die polisie probeer nog vasstel wie die man was.

“Die rede vir die grusame moord is nog ’n raaisel, maar dit was dalk ’n moetiemoord,” sê Mojapelo.

Moetiemoorde kom veral in die Vhembe- en- Mopani-distrik in Limpopo voor.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, sê hy is geskok oor die grusaamheid van die moord.

’n Taakspan is saamgestel om na die moordenaar(s) te soek. Enigiemand met inligting kan lt.kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 of die polisie se noodnommer, 10111, bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.