Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk van 15-jarige meisie in veld gekry

Mense in Upington het Maandagmiddag omstreeks 12:00 op die lyk van ’n 15-jarige meisie op ’n oop stuk veld in die woonbuurt Belvue afgekom.

Suze Davids, ’n lid van die gemeenskap wat op die toneel was, het die meisie se dood as “uiters hartseer” beskryf.

Sy het inwoners in ’n stemnota oor die gebeure ingelig.

Davids het begin rondbel om die meisie se identiteit te probeer vasstel. Nadat hulle vasgestel het wie sy is, is hulle na haar ouerhuis om te gaan simpatiseer.

“Die kind is net 15 jaar oud. Dit is verskriklik hartseer.

’n Nadoodse ondersoek wat nog gelas moet word sal dit kan bepaal.

“Sy was gister (Sondag) nog in die kerk.”

Volgens Davids het sowel die pastoor van die kerk as die skoolhoof van die meisie se skool, haar ouerhuis gaan besoek.

Na verneem word het die meisie nie gereeld skoolgegaan nie.

“Ek wil ’n pleidooi rig aan ouers om altyd te kyk waar hul kinders is, en om uit te vind wie jou kind se vriende is, want so iets kan met enigeen gebeur,” het Davids gesê.

Lt.kol. Jacques September, hoof van die polisie se afdeling vir sigbare polisiëring, sê die polisie ondersoek in dié stadium ’n moordklag. Hy kon nie bevestig of die meisie verkrag is, en wat die presiese oorsaak was van haar dood nie.

“’n Nadoodse ondersoek wat nog gelas moet word sal dit kan bepaal.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie versoek enigeen met inligting oor die voorval, om hulle te kontak, sê September.

Meer oor:  Suze Davids  |  Upington  |  Belvue  |  Dood  |  Sterf  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.