Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk van man met talle skietwonde in pas gevind
Polisiebeamptes op die toneel waar die lyk van ’n man gevind is wat vermoedelik deur ’n groep aanvallers doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Die lyk van ’n man met verskeie skietwonde is Dinsdag in die Nuwekloofpas naby Tulbagh in die Wes-Kaap gevind.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie is na die toneel ontbied waar die lyk van ’n 33-jarige man aangetref is.

“Die man is verskeie kere in sy lyf geskiet,” sê Rwexana.

Sy sê die man is na bewering deur ’n groep aanvallers geskiet. Niemand is nog aangekeer nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

Die identiteit van die oorledene is nog nie bekendgemaak nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.