Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk van metropolisielid by informele nedersetting gekry

Die lyk van ’n metropolisiebeampte van Ekurhuleni is Donderdag met skietwonde in ’n veld langs ’n informele nedersetting in Reiger Park gevind.

Sebastian Groenewald (45) se lyk is Donderdagmiddag langs ’n informele nedersetting gevind.Foto: Facebook/Reiger Park Community News

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het konst. Sebastian Groenewald (45) skietwonde aan sy bolyf gehad.

“Die metropolisiebeampte se lyk is Donderdagmiddag langs die Ramaphosa- informele nedersetting gevind. Die motief vir die moord is nie bekend nie. Die polisie ondersoek ’n saak van moord en iemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Volgens Kobeli Mokheseng, EMPD-woordvoerder, was Groenewald deel van die metropolisie se spesiale wapen-en-taktiekeenheid (Swat).

Volgens Mokheseng het ’n pastoor glo op sy lyk afgekom en die owerhede in kennis gestel.

Medelye en simpatie aan Groenewald se familie het op verskeie Facebook groepe ingestroom.


Meer oor:  Moord  |  Ekurhuleni  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.