Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk van ontvoerde leerkrag (31) gekry
Naadira Vanker (31), ’n onderwyseres van Johannesburg, is ontvoer en vermoor.

Die lyk van ’n Johannesburgse onderwyseres wat ’n week gelede ontvoer is, is in ’n vlak graf buite ’n sinkhut in die suide van die stad gekry.

Die familie van Naadira Vanker (31), die ma van vier jong kinders, is verpletter nadat die polisie hulle Dinsdagaand laat oor die gruvonds ingelig het.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder in Gauteng, sê ’n 36-jarige man is Dinsdagaand in verband met Vanker se moord in hegtenis geneem.

Die polisie het die man in ’n sinkhut in die Phumlamqashi- informele nedersetting naby Lenasia in hegtenis geneem. Hy het glo aan die polisie die vlak graf uitgewys waarin Vanker begrawe is.

Vanker is verlede Donderdag (22 April) omstreeks 06:00 deur twee mans in haar woonstel in Grosvenorstraat, Lenasia-Suid, oorval.

’n Familielid van haar het aan ’n plaaslike radiostasie gesê dat die booswigte twee van haar vier kinders glo aangerand het.

Hulle het Vanker oorrompel en haar glo aan haar hande en voete by die woonstel uitgedra en in haar motor gegooi voordat hulle weggejaag het.

Die geskokte kinders het na ’n familielid se nabygeleë huis gehardloop en vertel wat gebeur het.

Die polisie is ontbied en ’n reusesoektog is na Vanker begin. Pamflette met ’n foto en inligting van haar is wyd op sosiale media versprei.

Masondo sê Vanker se Honda Accord-motor is later dieselfde dag verlate in Ennerdale in die suide van Johannesburg gekry.

Vanker, wat ’n onderwyseres aan die Progress Primary School in Lenasia was, was egter weg.

Masondo sê ’n taakspan en haar familie het onverpoos na haar gesoek.

Die polisie se ondersoek het hulle Dinsdagaand gelei na die informele nedersetting waar Vanker se lyk gekry is.

Die polisie se soek-en-reddingseenheid, sowel as forensiese kundiges, is ontbied om Vanker se lyk uit die vlak graf te haal. Vanker se familie het haar uitgeken.

Masondo sê ’n lykskouing sal gedoen word om te bepaal hoe Vanker dood is. Die polisie soek na ’n tweede verdagte wat moontlik met die moord verbind kan word.

Die man wat aangekeer is, sal eersdaags in die landdroshof in Johannesburg op aanklag van moord verskyn.

Vanker se familie was Woensdag te getraumatiseer om te praat oor wat gebeur het.

Meer oor:  Naadira Vanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.