Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk van tiener in Lentegeur gekry
Die toneel nadat die tienermeisie se lyk Sondagaand gevind is. Foto: Verskaf

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die dood van ’n tienermeisie nadat haar lyk Sondagaand in ’n bebosde gebied in Colorado, Lentegeur, ontdek is.

Byron de Villiers, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum, sê die slagoffer was vermoedelik tussen 16 en 18 jaar oud.

“Sy is vermoedelik met ’n gordel verwurg en moontlik ook verkrag,” sê De Villiers. Haar hande was ook agter haar rug vasgebind.

’n Vrou het volgens hom Sondagaand in die bosse gestap en op die lyk afgekom waarna sy mense van die lyk ingelig en toe glo weggehardloop het.

As mense wil nonsens aanjaag, gaan hulle na daardie bosse toe. Mense strooi ook rommel daar. Dit is net ’n gemors.

Volgens De Villiers is die gemeenskap geskok deur die voorval en ontsteld omdat daar nie iets gedoen word aan die bebosde gebied waar sy gevind is nie.

Die gebied, so groot soos drie of vier rugbyvelde, is dig bebos en is ’n teelaarde vir onwettige bedrywighede, sê De Villiers.

“As mense wil nonsens aanjaag, gaan hulle na daardie bosse toe. Mense strooi ook rommel daar. Dit is net ’n gemors,” meen hy.

Hy sê hulle stel nou ’n versoekskrif op waarin hulle wil vra dat die munisipaliteit iets aan die gebied doen.

“Ons het ’n tekort aan geriewe in ons gemeenskap. Ons het byvoorbeeld nie ’n gemeenskapsaal nie. Hoekom word daardie grond nie vir so iets gebruik nie?”

De Villiers sê sy is nog nie geïdentifiseer nie.

Die polisie het nog niemand in hegtenis geneem in verband met haar dood nie, sê lt.kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder.

Meer oor:  Lentegeur  |  Kaapstad  |  Lyk  |  Tiener
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.