Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyk van vermiste 8-jarige seun in Tulbagh gevind

Hy het vir sy ma gesê hy gaan by vriende speel.

Dit was omstreeks 11:00 Saterdag.

Sondagoggend het Reagan Gertse (8) se pa, Ricardo Davids, en nog ’n man kort ná 10:00 sy lyk in ’n riviertjie wat tussen die bosse agter die Rhodes-fabriek in Tulbagh verbyvloei, gekry.

Davids het saam met ander inwoners van die informele nedersetting in Tulbagh waar hy en Reagan se ma, Louisa Gertse (29), saam met Reagan en hul babaseuntjie woon, heelnag na hom gesoek.

Die gemeenskapsaktivis Billy Claasen het Sondag onmiddellik na Tulbagh gegaan toe hy hoor dat die lyk van ’n 8-jarige seuntjie wat sedert die vorige dag vermis was, gevind is. Claasen sê met sy aankoms was die toneel vir die publiek afgesper en het die polisie gesê speurders verbonde aan die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredinge gaan die ondersoek oorneem. Foto: Billy Claasen

Reagan is omstreeks 12:00 Saterdag laas lewend deur sy pa gesien waar hy saam met ’n 54-jarige familielid van Davids geloop het.

Die man is glo sowat ses maande gelede uit die tronk vrygelaat. Hy was glo in die tronk weens die verkragting van en moord op ’n ander minderjarige seun.

Die polisie het die man Sondag, kort nadat Reagan se lyk gevind is, in hegtenis geneem by die huis in die informele nedersetting waar hy saam met ander familielede woon.

Davids het glo aan die polisie gesê dat hy die man Saterdag laas saam met sy seun gesien het.

Die man het glo Saterdag toe hy by die huis kom, die klere wat hy aangehad het, gewas. Hy het glo aan familielede gesê dit was vuil.

Gertse het Sondag gesê die man is welbekend aan hulle en woon so drie “hokke” van hulle af in die informele nedersetting.

Sy het bekommerd begin raak toe Reagan teen 20:00 nog nie by die huis was nie en sy pa gevra om te gaan kyk waar hy is.

Davids en ander mense het onmiddellik na Reagan begin soek.

  • Tazne van Wyk (8) van Connaught Estate, Elsiesrivier, is enkele weke gelede op die Kaapse Vlakte vermoor. Tazne het op 7 Februarie vermis geraak. Haar lyk is 12 dae later op 19 Februarie in ’n stormwaterpyp langs die N1 naby Worcester gevind. Haar vermeende moordenaar, Moyhdine Pangarker, was ook uit op parool. Hy verskyn weer op 17 April in die hof.

Navrae is na die polisie gestuur. Hul reaksie sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Reagan Gertse  |  Tulbagh  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.