Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyke van man, vrou, 4 kinders in Thaba Nchu gekry

’n Geregtelike doodsondersoek is Woensdag geopen nadat die polisie in Thaba Nchu op die lyke van ses mense, oënskynlik van dieselfde gesin, afgekom het.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê ’n werknemer van ’n plaaslike hardewarewinkel het Woensdag omstreeks 12:30 by die polisiekantoor in Thaba Nchu om hulp gaan aanklop nadat sy werkgewer vir tien dae nie by die winkel opgedaag het nie.

“Die polisie het by die werkgewer se huisadres gaan ondersoek instel en die deure gesluit gevind. Polisielede het deur ’n venster toegang tot die huis gekry en op die lyke van ses mense afgekom,” het Mbambo gesê.

“Die lyke van ’n man van in sy 40’s, twee dogters van omtrent agt en tien jaar oud, sowel as ’n seun van omtrent drie jaar oud, is gevind. By verdere ondersoek is die lyk van ’n 38-jarige vrou en dié van nog ’n seun van 11 jaar oud in die badkamer van die huis gevind.”

Volgens Mbambo was geen beserings aan die lyke sigbaar nie.

Die oorledenes was glo oorspronklik van die Demokratiese Republiek die Kongo.

“ ’n Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van hul dood te bepaal,” het Mbambo gesê.

Meer oor:  Thaba Nchu  |  Gesin  |  Huis  |  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.