Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lykie wel dié van ontvoerde 1-jarige

Die familie van Mpho Kgoroyagira het haar Vrydagoggend uitgeken nadat die eenjarige meisie se lyk Donderdag in ’n oop erf in die Jouberton-township naby Klerksdorp gekry is.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het dit Vrydagoggend bevestig. Mpho se lykie is onder ’n klip versteek en het reeds begin ontbind.

Sy is op 1 Februarie tydens ’n inbraak ontvoer.

Haar lykie is gevind: Mpho Kgoroyagira (1).

“Volgens haar 22-jarige ma het sy en Mpho in haar kêrel se huis gelê en slaap, toe sy wakker word en ’n onbekende man in die kamer sien,” het Myburgh gesê.

Die man het Mpho glo gegryp en weggehardloop. ’n Selfoon van die ma se vriend is na bewering tydens die voorval gesteel.

Sowat 50 lede van die plaaslike gemeenskap, wat na die kind help soek het, het Donderdag omstreeks 10:00 op die lyk afgekom, naby die plek waar Mpho ontvoer is.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes, het die gemeenskap van Jouberton bedank vir hul ondersteuning en hulp in die soektog na Mpho. Hy het die gebeure skerp veroordeel en beloof die polisie sal hard werk om te sorg dat die misdadiger verantwoordelik vir hierdie “sinnelose moord” agter tralies beland.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting kan kapt. Kagiso Disipi, die ondersoekbeampte, by 082 856 1748 bel. Inligting kan ook anoniem verskaf word deur die MySAPS-app of deur die Stopmisdaadnommer, 08600 10111, te bel.

Meer oor:  Mpho Kgoroyagira  |  Jouberton-Township  |  Ontvoer  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.