Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ma, 5 kinders met byl vermoor

In ’n voorval wat polisiebestuur as “verpletterend” beskryf het, is ’n ma en haar vyf jong kinders Dinsdagaand in hul huis in Kwaaiman, naby Koffiebaai aan die Wildekus, vermoor.

Volgens inligting van die Oos-Kaapse polisie het die gesin se bure in die Dabekweni-nedersetting onraad vermoed en die plaaslike polisie ontbied.

Die polisie het toe hulle by die huis ingaan, op die lyke van ’n 42-jarige ma en haar kinders tussen die ouderdomme van ses maande en tien jaar afgekom.

“ ’n Byl wat op die toneel gevind is, is vermoedelik as wapen gebruik,” lui die polisie se verklaring.

Speurders ondersoek die moorde en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die vrou se 42-jarige man, wat oorspronklik van Zimbabwe is, word glo vermis en die polisie meen hy kan hulle in die ondersoek bystaan. Die man se verwantskap aan elk van die kinders is nie deur die polisie verskaf nie.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die moorde as “verpletterend” bestempel.

“Dit is ondenkbaar dat met die aanvang van die 16 dae van aktivisme-veldtog wat fokus op geweld teen vroue en kinders, ons te doen het met so ’n aaklige en ontstellende voorval. Wie ook al agter hierdie grusame en hartelose moorde sit, moet dadelik aangekeer word.”

Ntshinga het opdrag gegee dat die polisie se 72-uur-plan in werking gestel word om soveel moontlik hulpbronne beskikbaar te stel om ’n spoedige inhegtenisname en deeglike ondersoek te verseker.

Enigiemand met inligting oor die moorde of wat inligting het oor waar die man hom bevind, kan hul naaste polisiekantoor kontak of die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 skakel. Inligting word met die strengste vertroulikheid gehanteer.

Meer oor:  Bylmoord  |  Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.