Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ma, baba vermoor, in dam gegooi

’n Vrou wat volgens alle aanduidings verkrag is, se lyk is saam met dié van haar baba in ’n dam buite Allanridge in die Vrystaat gevind.

Die toneel waar die lyke van ’n ma en ’n baba uit die water gehaal is.Foto: Verskaf

Kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het Sondagoggend die lyke van ’n vrou en ’n baba in ’n dam buite Allanridge sien dryf.

Die polisie is na die toneel ontbied en die lyke is uit die water gehaal.

Thakeng sê dit lyk asof die vrou eers verkrag is voordat sy en die baba vermoor is.

’n Dubbele moord en verkragtingsaak word nou ondersoek, sê Thakeng.

Kapt. Priscilla Britz, die bevelvoerder van Allanridge se speurtak, lei die ondersoek.

Mense wat die polisie met die ondersoek kan help, kan haar op 081 013 6621 bel.

Meer oor:  Vrystaat  |  Allanridge  |  Misdaad  |  Dam  |  Baba  |  Moord  |  Ma  |  Polisie-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.