Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
SKOKFOTO: Ma bind gestremde kind glo aan stoel vas

’n Twaalfjarige gestremde meisie van Bela-Bela in Limpopo is glo deur haar ma met ’n tou aan ’n stoel vasgebind.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die 30-jarige ma van die kind is Dinsdagmiddag laat in hegtenis geneem.

Sy sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Bela-Bela verskyn.

’n Twaalfjarige meisie is glo deur haar ma met ’n tou vasgeketting in hul huis. Foto: SAPD

Ngoepe sê die polisie het klagtes van die publiek gekry oor die meisie wat glo deur haar ma verwaarloos en mishandel is.

Die ma het haar dogter glo verskeie kere alleen in die huis gelos terwyl sy gaan werk het.

Die meisie is glo met ’n tou om haar een enkel aan die poot van ’n stoel vasgebind. Dit nog nie duidelik vir hoe lank die beweerde verwaarlosing geduur het nie.

Ngoepe sê die meisie is nou in ’n plek van veilige bewaring waar sy die nodige sorg ontvang.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof, sê hy is bekommerd oor toenemende voorvalle waar ouers hul kinders verwaarloos.

Hy het die mense wat die voorval aangemeld het, bedank en ’n beroep gedoen op mense om die polisie te laat weet as hulle weet van kinders wat verwaarloos en mishandel word.

Meer oor:  Gestremd  |  Kindermishandeling  |  Vasgebind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.