Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ma brand glo kinders wat haar KFC eet met yster

’n 27-jarige vrou is Dinsdag deur die polisie in Randfontein in die weste van Johannesburg in hegtenis geneem omdat sy haar kinders na bewering met ’n strykyster gebrand het omdat hulle haar kos geëet het.

“Die vrou is in aanhouding en word deur aanklagte van kindermishandeling en aanranding met die opset om ernstig te beseer in die gesig gestaar,” het sers. Carmen Hendricks, polisiewoordvoerder, Woensdag by navraag gesê.

Volgens Hendricks het die ma haar kinders van onderskeidelik vyf en sewe jaar oud met ’n strykyster op hul hande en bene gebrand omdat hulle haar KFC-hoender geëet het.

“ ’n Onderwyseres het Dinsdag met die kinders se terugkeer skool toe uitgevind hulle is gebrand en het onmiddellik die kinders se stiefpa daarvan in kennis gestel. Die skool het aan die stiefpa gesê dat die kinders bang is en dat hulle gedurende die skoolvakansie met ’n strykyster gebrand is.”

Volgens Hendricks is die kinders in die sorg van maatskaplike werkers omdat hul ma in aanhouding is.

“Die verdagte is nog nie formeel aangekla nie,” het Hendricks gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.