Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ma en seun dood toe mans op huis in Thaba Nchu losbrand

Die polisie in die Vrystaat het ’n soektog gelas nadat ’n ma en haar seun in hul huis in Thaba Nchu deur twee onbekende mans doodgeskiet is.

’n Sesjarige seun, wat onder ’n tafel weggekruip het, is ongedeerd.

Haar seun is kombuis toe om ondersoek in te stel en het hom in die mans vasgeloop waarna hy in die nek geskiet is

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, sê die 54-jarige vrou en haar 27-jarige seun is Maandag omstreeks 19:50 noodlottig in hul huis in Ramakgari, Thaba Nchu, gewond toe die mans op hul huis geskiet het.

Volgens Xuma het die mans van buite af begin skiet voordat hulle die huis ingestorm het.

Die vrou is onder meer in haar maag en arms gewond.

“Haar seun is kombuis toe om ondersoek in te stel en het hom in die mans vasgeloop waarna hy in die nek geskiet is.”

Die mans het hierna te voet gevlug.

Die vrou en haar seun is op die toneel dood verklaar.

Ná die voorval is 11 patroondoppies en drie koeëlgate in ’n slaapkamer van die huis gevind.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan speur.konst. Keabetswe Mogwera by 082 301 6381 of 051 875 1109 bel.

Genl.maj. Solly Lesia, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die moord veroordeel en ’n beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting oor die voorval na vore te kom.

* Die name van die oorledenes kan nie bekend gemaak word alvorens hul naasbestaandes nie van hul dood in kennis gestel is nie.

Meer oor:  Thaba Nchu  |  Aanval  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.