Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ma en seun sterk goed aan ná plaasaanval
Wimpie en Janetta du Toit word deur paramedici gestabiliseer nadat hulle op Vrydag 26 Junie op hul plaas aangeval is.

Frans du Toit, ’n boer van Petrusburg, wie se ma, Janetta (82), en broer, Wimpie (54), verlede Vrydag op ’n plaas buite die dorp aangeval is, sê nog geen deurbraak is in die ondersoek na die aanval gemaak nie.

Du Toit sê sy ma en broer word deur AfriForum bygestaan en hulle kry berading.

“Gelukkig hoef nie een van hulle geopereer te word nie; dit gaan betreklik goed met hulle. Wimpie bemoedig my,” sê hy.

Hy sê hy het self die afgelope week saam met ander boere heelwat speurwerk gedoen en hoewel daar mense is wie se doen en late verdag is, is niks tasbaar opgespoor nie.

“Die enigste positiewe resultaat is dat ons heelwat ander misdaad oopgekrap het.”

Du Toit sê baie boere weet nie van misdadigheid op hul plase nie.

Vroeër die week is gesê ’n beloning van R10 000 is uitgeloof vir inligting oor die aanvallers, maar Du Toit sê hy weet nie wie dié geld belowe het nie.

Die week voor die aanval op die familieplaas, Lovedale, het Du Toit aanvallers gefnuik.

Hulle het ’n skuifdeur oopgedwing, maar weer padgegee.

“Ek glo dis dieselfde mense wat my ma en broer aangeval het,” sê hy.

Hy glo ’n gewese plaaswerker was by die aanval betrokke.

Meer oor:  Petrusburg  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.