Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ma kyk deur venster toe aanvallers haar skiet

’n Ma van twee van Mokopane in Limpopo is Maandagoggend in haar huis deur aanvallers geskiet.

Magda Lombaard het in die vroeë oggendure die honde hoor blaf en deur haar venster gekyk toe die rowers haar skiet, het Marcelle Maritz, leier van die VF Plus in Limpopo, Maandagaand gesê.

Die aanvallers is nog op vrye voete.

Lombaard is volgens Maritz ernstig gewond en in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal in Johannesburg.

Die aanvallers het ná die aanval gevlug en is deur die polisie agtervolg tot in die township Motetema waar die voertuig gevind is wat ná die aanval gekaap is.

Die VF Plus het kol. Isaac Mantjane, die stasiebevelvoerder van Mokopane gekontak en hy het bevestig die ondersoekspan is op die spoor van die voortvlugtendes.

Lombaard se twee kinders is glo by familie op Mokopane.

Meer oor:  Limpopo  |  Mokopane  |  Skietvoorval  |  Kritieke Toestand  |  Misdaad  |  Aanvallers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.