Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ma kry seun se lyk ná rowers in Rietondale toeslaan

“Sy ma het sy liggaam in die gang van hul huis gekry nadat sy van die werk af by die huis aangekom het. Daar was wonde aan sy kop en liggaam.”

Kapt. Anton Breedt, polisiewoordvoerder, verduidelik dit is hoe ’n 64-jarige ma Dinsdag omstreeks 18:40 op die lyk van haar 32-jarige seun in hul huis in Rietondale, Pretoria, afgekom het.

Edwin Miller het wonde aan sy bolyf gehad.

“Die nadoodse ondersoek moet nog gedoen word, maar dit blyk dat hy met ’n skerp voorwerp gesteek is,” sê Breedt.

Hy sê die agterdeur van die huis was oopgebreek.

“Kontant, juweliersware en ’n skootrekenaar word op die oomblik vermis. Die polisie ondersoek ’n saak van moord en huisbraak,” sê Breedt.

Hy sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en het ’n beroep op mense gedoen om die polisie se noodnommer 10111 te bel, as hulle enige inligting oor die voorval het.

Meer oor:  Pretoria  |  Rietondale  |  Huisroof  |  Moord  |  Inbraak  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.